"Hulle is bekommerd oor wat vandag, more en die dag daarna gaan gebeur," se Benay Sager, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma DebtBusters. Korttermynprobleme oorheers die toneel en net 'n klein persentasie mense dink in die stadium oor spaar vir aftrede.