Die onderverhaling op die petrolprys het vandeesweek deur R2 per liter gebreek te midde van die verswakkende rand en stygende oliepryse. Hoewel die oorsigmaand vir Junie se brandstofpryse nog tien dae duur, is daar nou die vooruitsig dat die petrolprys met meer as R3.50 per liter gaan styg en diesel met meer as R3 per liter.